"It was noteworthy that the best range of pictures came from a wide range of sports, including the minor ones."
"It was noteworthy that the best range of pictures came from a wide range of sports, including the minor ones."
In 2001 word ek as student-fotograaf by Beeld aangestel en ontvang ek ´n eervolle vermelding vir die PIEA studente en onderwysers foto uitstalling en kompetisie.
In 2002 wen ek die toekenning as die Nasionale Persklub se fotograaf van die jaar en in 2005 is ek bekroon as die Fujifilm African Press Awards se naaswenner in die portfolio-afdeling.
In 2007 word ek aangewys as die South African Hockey Association se fotograaf van die jaar en word ek bevorder tot senior fotograaf van Beeld.
Van Januarie 2008 met my aanvaarding van ´n pos as senior fotograaf van Rapport spits ek my meer toe op sportfotografie.
Verlede jaar verower ek ´n silwertoekenning in die Portret-kategorie van die Fuji Professional Awards. Met die Profoto Awards het ek drie silwertoekennings ingepalm.
Ek is van 1 April vanjaar aangestel as die hooffotograaf van Foto24 se Pretoria-kantoor. Foto24 is ´n fotoagentskap binne Media24 waarin fotograwe van Rapport, Beeld, Die Burger en Volksblad saamgesmelt het.
Cornel's "'n lemoen 'n dag" received second place.